School sport

Ligbron-rugbyspanne triomfeer in 7's-toernooi

Ligbron se o. 15’s het Zwartkop met 31-26 geklop om die Bowl-wentrofee op eie bodem te verower.

Twee rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 23 en 24 September aan die Noordvaal eindstryd se Bowl-afdeling deelgeneem.

Dié uitspele het by Ligbron plaasgevind.

Ligbron se o. 15- en o. 17-spanne het goed presteer tydens die kompetisie.

Die o. 15-span het met die wentrofee weggestap nadat hulle Hoërskool Zwartkop in ‘n tawwe eindstryd met 31-26 geklop het.

Ligbron se o. 17-span is die naaswenners en het in die eindstryd die knie gebuig teen Hoërskool Brandwag met ‘n eindtelling

van 12-26.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button