EHS bied suksesvolle FNB Classic Clashes aan
Die skaakspanne het ook op 13 Mei gespeel en EHS het naelskraap met sewe spelle teenoor agt verloor.
Hoërskool Ermelo het op 10 en 13 Mei teen Hoërskool Piet Retief in ’n FNB Classic Clashes-stryd te staan gekom.
Dié wedstryde was deel van die wintersportspanne se liga.
Die seunshokkie se wedstryde het op 10 Mei plaasgevind. Die o. 16-span het eerste gespeel en oortuigend met 6-0 gewen.
Die eerste span van Hoërskool Ermelo TWK se seunshokkie het na ’n harde stryd met 2-0 gewen.
Die dogtershokkie-, netbal- en rugbyspanne het op 13 Mei teen Piet Retief gespeel.

Die netbal se uitslae is soos volg (EHS se telling eerste):
• O. 14A-span: 12-17
• O. 14B-span: 3-6
• O. 15A-span: 13-14
• O. 15B-span: 6-8
• O. 16A-span: 13-23
• Tweede span: 12-7
• Hoërskool Ermelo KS Clothing se eerste span: 23-10

Die dogtershokkie vaar uitstekend met die volgende tellings (EHS se telling eerste):
• O. 14A-span: 0-1
• O. 15A-span: 5-0
• O. 16A-span: 9-0
• Tweede span: 6-0
• Hoërskool Ermelo KS Clothing se eerste span: 4-0

Die rugbytellings is soos volg (EHS se telling eerste):
• O. 14A-span: 0-61
• O. 14B-span: 0-45
• O. 15A-span: 12-14
• O. 15B-span: 14-7
• O. 16A-span: 12-26
• O. 16B-span: 9-15
• Tweede span: 8-29
• Hoërskool Ermelo TWK se eerste span: 20-7.
Die skaakspanne het ook op 13 Mei gespeel en EHS het naelskraap met sewe spelle teenoor agt verloor.



