School sport
Errie presteer in Durban fietsrytoer
In die 40 km-resies het sy eerste in haar ouderdomsgroep en 11de van al die vroue geëindig.
Luzaan Durand, ’n gr. 12-leerder van Hoërskool Ermelo, het op 13 Mei aan die Mountain Bike Trail-toer in Durban deelgeneem.
In die 40 km-resies het sy eerste in haar ouderdomsgroep en 11de van al die vroue geëindig.
Tydens die 110 km-padresies op 14 Mei het Luzaan ’n tweede plek in haar ouderdomsgroep en ’n sesde plek in die o. 23-afdeling behaal.
“Baie geluk met die besonderse prestasie, Luzaan. EHS is trots op jou talent en uitslae,” het Pieter Grobler, die skoolhoof, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



