Ligbron Wintersport: Rugby, netbal en hokkie presteer met lof
Ligbron se spanne het hul vaardighede teen Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Nelspruit gewys.
Die afgelope naweek het Ligbron se rugby-, netbal- en hokkiespanne teen Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Nelspruit in Tzaneen uitgedraf.
Die atlete het hulself beywer en die skool met trots verteenwoordig.
Die uitslae van die wedstryde is soos volg, Ligbron s’n eerste:
Rugby:
• O. 14A, 12-17
• O. 14B, 27-13
• O. 15A, 14-29
• O. 15B, 29-1
• O. 16A, 23-5
• O. 16B, 10-3
• Derdes: 5-19
• Tweedes: 22-29
• Eerstes: 26-25.
Die wedstryd van die eerste span was ’n regte naelbyter, met die wenpunte wat in die laaste oomblik aangeteken is. Dit getuig van die veerkragtigheid en vasberadenheid van die spelers.
Dogtershokkie:
• O. 14, 1-0
• O. 15, 2-1
• Tweedes, 2-8
• Eerstes, 2-1.



Netbal:
• O. 14A, 15-17
• O. 14B, 9-15
• O. 15A, 12-23
• O. 15B, 6-25
• O. 16A, 8-29
• O. 16B, 10-27
• O. 17A, 16-34
• Tweedes, 4-16
• Eerstes, 29-41.



