School sport

Ligbron en Secunda lewer taai wintersportstryde

Naelbyt-rugby, taai verdediging en gelykop hokkiekragmetings het ondersteuners op die punte van hul stoele gehou toe Ligbron en Secunda mekaar pak.

Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoërskool Secunda het die afgelope naweek in taai rugby- en hokkiewedstryde kragte gemeet, met verskeie spannende uitslae en sterk spanvertonings aan beide kante.

Op die hokkieveld het die Liggies se meisiespanne goeie dissipline en spanwerk getoon om Secunda se druk te weerstaan.

Elke skool het een wedstryd gewen, drie gelykop gespeel en een verloor.

Die hokkie-uitslae was:
• o. 14: 0-0
• o. 15: 1-0
• o. 16: 1-1
• Tweede span: 0-3
• Eerste span: 1-1.

Banele Mthombo in aksie. Foto | Verskaf/Ligbron Akademie vir Tegnologie


Op die rugbyveld was die kompetisie net so straf, met harde fisieke spel van beide skole.

Ligbron se eerste span het uiteindelik ’n spannende 23-22 oorwinning behaal nadat die wedstryd tot op die laaste oomblik in die weegskaal was.

RW Beyleveld en Neo Zwane het elk ’n drie vir die Liggies gedruk, terwyl Gaston Brown die res van die punte met die skopskoen bygedra het.

Secunda het gesukkel om deur Ligbron se verdediging te breek en is ook in die skrums onder druk geplaas, waar die Liggies oorheeers het.

Die rugby-uitslae was:
• o. 14 A: 8-10
• o. 14 B: 52-12
• o. 15 A: 15-15
• o. 15 B: 5-40
• o. 16 A: 10-12
• o. 16 B: 26-0
• Derde span: 8-12
• Tweede span: 23-14
• Eerste span: 23-22.

Tyron Coetzee. Foto | Ligbron Akademie vir Tegnologie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button