School sport
Ligbron seunshokkiespanne klop EHS
Die eerste seunshokkiespan van Ligbron het koning gekraai met ’n 3-1 sege oor EHS.
Ligbron se seunshokkiespanne het koning gekraai tydens hul kragmeting teen Hoërskool Ermelo op Mei 27.
Die o.16-span het ’n oortuigende 4-1 oorwinning behaal nadat hulle vroeg beheer van die wedstryd geneem het.
Die span het goeie balbeheer en aanvalspel getoon deur druk op hul teenstanders te plaas.
Ligbron se eerstespan het ook hul wedstryd met 3-1 gewen in ’n opwindende stryd teen EHS.
Die Liggies het goed verdedig en hul kanse voor die doele benut om die oorwinning te beklink.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



