EntertainmentLifestyleNews

Antwoord vyf maklike vrae en staan ‘n kans om Dowwe Dolla in lewende lywe te sien

Met die dat sommige mense deesdae betaal om na Dolla se praatjies te kom luister, kom sy met ‘n skok agter dat sy vir die eerste keer in haar lewe ’n belastingopgawe sal moet indien.

Met die dat sommige mense deesdae betaal om na Dolla se praatjies te kom luister, kom sy met ‘n skok agter dat sy vir die eerste keer in haar lewe ’n belastingopgawe sal moet indien. Dis ‘n ingewikkelde en senu-tergende proses en Dolla besluit om die hulp in te roep van eksperts op die gebied soos Kenny Kunene, Arthur Brown en Kotie se consultant Rashid van die Vlakte.

bully beef 1 (Small)

Sy leer ongelooflike nuttige nuwe inligting soos wanneer die beste tye is om deur restaurante en ryk mense se rubbish-bins te snuffel op soek na kontantstrokies wat mens kan eis, asook hoe om die eekhorings in jou tuin afhanklikes te maak.

Sy besluit ook om navorsing te doen oor wie eintlik in charge is van die geld wat sy betaal en maak ‘n dinner date met die ambassadeur van China.

Dolla vat die gehoor weereens op n roller-coaster rit wat elke nou en dan dreig om te ontspoor, want net soos brandewyn, het belasting nie brieke nie.

Dolla 2013-348 (Small)

Dolla sal by die Emnotweni Casino Arena feeslokaal optree op 2 Julie om 18:00, 3 Julie om 10:00, 4 Julie om 13:00 en 5 Julie om 17:00.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Feesgangers staan ‘n kans om twee dubbelkaartjies te wen vir twee van die vier vertonings as hulle die volgende vrae kan beantwoord:

Die kompetisie sluit Dinsdag, 1 Julie 2014 om 12:00.

Organiseerders van die kompetisie sal die wenners kontak en inlig of kaartjies by die deur van die vertoning verky sal word of by Laeveld Media ontvangs.

Aanwysings:

12 Stinkhout Crescent, Mbombela, 1200.

Lees die Terme&Voorwaardes hier.

2 Comments

  1. Waar is die kompetisie vrae? Daar is net terme en voorwaardes te sien…?

  2. Dit kan nie gesien word op selfoon nie. Het maar die laptop aangesit!

 
Back to top button