Wildevy 4×4 is om die draai

Die groep manne wat jaarliks die Wildevy 4×4 Gesinsdag reël, is met reg opgewonde dat Saterdag om die draai is. Die Wildevy se gewildheid groei jaarliks en vind weer vanjaar by die PLM Boerderye in die Watervalsrivier plaas. Dit is sowat 10 km buite Burgersfort geleë. Die fees bied vermaak vir oud en jonk, en spog ook met ’n verskeidenheid stalletjies en baie pret.

Die groot trekpleister en die sanger vir die dag is Ricus Nel, een van die land se gewildste sangers. Sy vertoning begin om 19:30. Verlede jaar het sowat 4 500 mense deur die hekke gestap en 80 4×4-spanne het die modder- en hindernisbane getrotseer. Die laaste 4×4 item van die dag, die showstopper, is die groot moddergat, waar net die brawes onder die brawesgekeur word om deel te neem.’n Paar waaghalse maak altyd seker dat die toeskouers hul asems ophou, aangesien dit soms onmoontlik lyk om deur die moddergat te ry. Vanjaar het daar reeds 70 4×4-spanne ingeskryf en daar is nog plek vir 10 spanne. Wildevy se hekke open reeds om 07:00. Die kostes beloop R70 per volwassene en R40 vir kinders onder 12. Dit sluit die vertoning van Ricus Nel in.

Skakel Willem by 083 302 5769 of
Steven: 082 405 4545 vir meer inligting.

Click hier vir ons Webtuiste

 
Back to top button