Local newsNews

KMIA spog met opwindende nuwighede

Die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe vier vanjaar sy 15de bestaansjaar.

MBOMBELA –  Die Laeveld se eie, gerieflik geleë lughawe het ter herdenking van hierdie mylpaal, onlangs groot opknappingswerk laat doen.

Dit bied nou veel meer as net ‘n vertrek- en aankomssaal vir toeriste en ander reisigers: ‘n mens kan hier eet, ‘n drankie geniet, inkopies doen, en funksies soos konferensies en selfs partytjies hou.
Ou gunstelinge soos Wimpy, Time Café, en Fever Tree Bar nooi klante om hul bekende koffies en ander eet- en drinkgoed ook in hierdie keurige omgewing te kom geniet. Hier is Cat Nienaber.
Om die nuwe lughawe bekend te stel, is sakevroue (en ‘n paar mans) verlede Vrydag op ‘n gesellige ontbyt onthaal en deur die fasiliteite begelei om al die opsies wat dit bied, van nader te beskou. Hier is Melinda van Heerden en Taryn Laas.

Die lokaal spog ook met die KMIA Express Coffee Shop met Motherland Coffee van Kaapstad, ‘n eerste vir die Laeveld.

Die lughawe se lapa kan vir ‘n verskeidenheid funksies ingerig en aan die publiek verhuur word. Dit bied talle opsies en tafelplasings om die getalle gaste ten beste te akkommodeer.

Die konferensiesale is gerieflik, goed toegerus, en die diens natuurlik uitstekend, soos duidelik geblyk het op die dag toe een van Nedbank se finansiële adviseurs ‘n voorlegging gedoen het. Hier is Nicholas Ings en Sam Simpson.
Lizanne Peyper het die groep vroue behoorlik bekommerd gemaak oor hulle testamente en ander finansiële beplanning maar het ook vir welkome en nodige uitkoms gesorg deur die bank se dienste te verduidelik en aan te bied.

Vir reisigers wat inderhaas ietsie moet aankoop, staan talle nuwe winkels se deure wawyd oop. Daar is nou soveel meer om op die lughawe te sien en te doen.

Maar gaan kyk gerus liewer self. Dis ‘n ware belewenis.

Jana Vincent en Wendy Deary.

Lees ook

 
Back to top button