School sportSport

Nellie Leeus maak hul stemme dik by die Wildeklawer

Die enigste span van Mpumalanga om in die 2024 Absa Wildeklawer Laerskole Rugbytoernooi deel te neem, Laerskool Nelspruit se Nellie Leeus, het uitstekend gevaar in die drie wedstryde wat gespeel is.

Laerskool Nelspruit se Nellie Leeus- eerste rugbyspan het onlangs aan die Absa Wildeklawer Laerskole Rugbytoernooi deelgeneem, waar die Leeus hulle meer as goed van hul taak gekwyt het met twee uit drie oorwinnings.

Daar word gesê dat die toekoms aan diegene behoort wat geleenthede aangryp en vaardighede ontwikkel. Die Wildeklawer doen dít presies. Die Nellie Leeus is die enigste span uit Mpumalanga wat in 2024 uitgenooi is om vanaf 24 tot 27 April in Kimberley deel te neem.

Also read: LVCC enjoys largely successful Sunday of club hockey at Penryn

Slegs 24 top laerskole van regoor Suid-Afrika is uitgenooi om aan dié gesogte toernooi deel te neem. Die toer het sedert sy ontstaan in 2009 van krag tot krag gegaan en word nou as die top laerskolerugbytoer in Suid-Afrika beskou.

Charlie Kraftt, Eric Vos, Bernard Calitz, die span se afrigter, Adè Adendorff, en Kian van Rooyen. > Foto’s: Verskaf/Laerskool Nelspruit

Dit is ‘n eksklusiewe toernooi waar daar geleenthede vir spelers en afrigters tegelyk geskep word. Skolesport in Suid-Afrika word so ook daardeur bevorder, en spelers kry die geleentheid om te wys waarvan hulle gemaak is.

Die Nellie Leeus het hulle uitstekend van hul taak tydens die Wildeklawer gekwyt, met twee oorwinnings uit hul drie wedstryde. Hulle wen dag een teen Worcester Primêr en dag twee teen die hoog aangeskrewe Eikestad van Stellenbosch, en dan op die derde dag klop die Kobus Wiese XV Tal (die span wat na afloop van die Kobus Wiese Rugbytoernooi op Paarl uit 14 skole gekies is) die Nellies.

Die Nellie Leeus op pad Kimberley toe om aan die Absa Wildeklawer Rugbytoernooi deel te neem. > Foto’s: Verskaf/Laerskool Nelspruit

Die Nellie Leeus het die geleentheid baie geniet, goeie harde rugby gespeel en baie geleer. Graag maak die seuns en afrigters van die geleentheid gebruik om die ouers en borge te bedank vir die positiewe ondersteuning en bydraes wat gelewer is om so ‘n besonderse toernooi te kon bywoon.

“Groot dank aan die Nelspruit-gemeenskap vir julle ondersteuning. Dankie, dankie,” het die span se afrigter, Adè Adendorff, gesê. “Die Nellie Leeus sien daarna uit om in 2025 weer by die toernooi te kan optree.”

Die Nellie Leeus se eerste rugbyspan het bestaan uit:
Heinke Coeleman, Caiden Heunies, Roel Winterbach, Nicolas Houy, Janco Wendelstadt, Schalk Venter, Hylgard Lourens, Milan Bekker, Ruben du Toit, Dandre Louw, Kyle van Rooyen, Malan de Klerk, Liam Classen, Tiano Laufs, Morné van Wyk, James Freeman, Alrich Hyman, Regardt Barnard, Kian van Rooyen, Charlie Kraftt, Eric Vos en Ihvan Pretorius.

 
Back to top button