Vloedwater skei dorp weer noord van oos

Inwoners het Sondag verstom gestaan en rondkyk na die vloedwater wat deur die rustige dorp gedruis het.

Net verlede week het die riviervlakke bestendig gevloei en was daar nie ‘n teken van die massa water op pad nie. By die brug in Viljoenstraat (net onder Laramie Spur en by Coastal Hire) moes die voertuie mooi mik sodat hulle nie sommer begin wegdrywe nie.
Die brug in Lydenburgstraat het heeltemal oorspoel en mense het van oorkant die rivier na mekaar gewaai. So ook by die ou Kleinkoewynspas, hoër op teen die Dorpsrivier. Dit was die oorspronklike bruggie wat die dorp se noord- en oosdele aanmekaar verbind het voordat die brug in Lydenburgstraat opgegradeer is in die laat tagtigerjare.

‘n Paar huise in Brugstraat wat tydens vloede gereeld onder water is, is ontruim soos tevore in 2008 en 2016. Sondag se waters kan egter nog nie met die 2000-vloede waarin vyf mense dood is, vergelyk nie.
Die brug in Voortrekkerstraat onderweg na Mashishing was teen Sondag 12:30 net ‘n meter weg van oorstroming. Groot takke het reeds begin opbou omdat daar nie meer spasie onder die brug was nie.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWS) het Maandag bevestig dat daar Sondag 85mm reën geval het in Lydenburg en moontlik tot 300mm in die opvangsgebied. In die dorp het mense lesings geneem van 44mm, 48mm en selfs 78mm.
SAWS maan die publiek om nie deur riviere te swem of oor brûe te loop wat oorspoel is nie.

Lees ook: Sikloon Eloise se stert tref dorp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button