Local newsNews

Lydenburg-hoof en -adjunkhoofde gearresteer om gees te vang vir interhoër

Die gees vir hierdie naweek se interhoër in Mbombela loop hoog.

Die klank van sirenes het nog nie eens bedaar nie, toe daar pantservoertuie oor die veld aangery kom.

Michael van der Merwe, Hoërskool.Lydenburg se hoof, en Ian Breytenbach, die adjunkhoof, is albei op Woensdag 23 Februarie gearresteer.

Chrismari Aucamp, adjunkhoof, is ook geboei onder groot gejuig van die leerders en personeel.

Chrismari Aucamp word geboei.

Phoenix Sekuriteit het hul honde-eenheid en berede eenheid te perd gestuur om die leerders se adrenalienvlakke op te jaag.

Die berede eenheid en honde-eenheid.

Die leerders was dit glad nie te wagte nie, en het gewonder wat hul hoof en adjunkhoofde só kon sondig. Die driestuks was darem net vir ‘n paar minute lank geboei.

Dit was alles ter voorbereiding van Saterdag se Laeveld Vriendskaplike Interhoër by Hoërskool Nelspruit.

Behalwe die harde werk van die atlete, is die ondersteuners ook slaggereed om die geesbeker terug huis toe te bring. 

Lees ook: Kruie en ouwêreldse gasvryheid op eie werf

 

Pantservoertuie op die veld.
Jeandré Stander en Adam Barnard boei die skoolhoof.

 

 
Back to top button