Local newsNewsNews

Nuwe laag verf lig gemoedere by Herfsakker

Herfsakker se alzheimerafdeling ontvang tans 'n nuwe laag verf, en dit alles om Ouma meer tuis te laat voel.

Jana Niehaus moes onlangs die besluit neem om vir haar ouma, Jo-Ann van Zyl (wat aan alzheimers ly), professionele hulp te kry, aangesien hulle nie langer na haar kon omsien nie.

Hulle was gelukkig genoeg om vir haar ‘n plek in Hersfakker te kry, maar Niehaus het besluit sy wou graag iets doen om die plek meer soos ‘n huis vir haar te laat voel, en ook om die personeel se gemoedstoestand te verbeter.

LEES OOK: ‘n Fees van trofees vir Laerskool Nelspruit

Sy het besluit om vir BUCO te nader in die hoop dat hulle sou kan help met verf.

Sy was oorweldig deur die firma se reaksie en die feit dat die bestuurder, Pottie Potgieter, “so ‘n oop hart gehad het vir iets wat ek gedink het half onmoontlik was”.

Met die verf reg, moes die verwery begin, en na ‘n uitdaging of twee, het haar broer, Karel-Jan Fischer, se maatskappy vir die arbeid betaal, waarna Rodney Mokoena dadelik begin het.

Die projek het Maandag afgeskop en is steeds aan die gang.

LEES OOK: Mjejane begin ryke geskiedenis uitbeeld

Sy het ook die hulp van ‘n binnenshuise ontwerper, Ansje Serfontein, ingespan om met die kleurkeuses te help.
“Tot dusver lyk dit goed. Die personeel is baie tevrede met die kleure en dit wat ons reeds gedoen het.”

En die projek gaan nog aan. Volgende wil hulle die binnehof netjies maak en plante plant. Niehaus sê BUCO gaan ook hiermee hand bysit. Hulle is ook op soek na ‘n landskapsargitek wat bereid is om hiermee te help.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to [email protected].

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button