Local newsNews

194 graadeens slaggereed vir Laerskool Lydenburg

Die 2023-skooljaar het amptelik afgeskop, en 'n trop grootoogkleintjies het vandeesweek by Laerskool Lydenburg aangesluit.

Met groot ywer is Laerskool Lydenburg se nuwe graadeens reeds Dinsdag 10 Januarie saam met hul ouers na die skool om in hul klasse ingedeel te word.

Daarom was die juffroue en nuwe klasse nie vir hulle vreemd toe hulle vir hul eerste dag van skool op Woensdag 11 Januarie aangemeld het nie.

Hulle het opgewonde gebabbel en hul juffroue vertel wat alles in hulle kosblikkies is. Daar was nie veel trane toe ma en pa die oggend groet nie.

Die laerskool het vanjaar weer ses gr. 1-klasse.

Hier is van die graadeens op hul eerste dag:

Agter: Michelle Nel (gr. 1-onderwyser). Middel: Aphiwe Ndimande, Kyle van Zyl, Sioné Pretorius, Klara-Belle Welthagen en Ava Makhado. Voor: Mia Grobler.

 
Back to top button