Local newsNews

Tweede kamera langs die R40 se klik nou stilgemaak

Die eerste kamera is verlede maand aan die brand gesteek.

ROCKY DRIFT – Vandale het gister finaal daarin geslaag om die tweede spoedkamera op die R40 te verwoes.

Tweede spoedkamera geteiken

Die eerste kamera is verlede maand aan die brand gesteek en vermoedelik het dieselfde boosdoeners ook verlede week probeer om die ander kamera naby die Plastonpad-aansluiting te vernietig.

Twee mans is op heterdaad betrap maar het laat spaander voor hulle hul doel kon bereik. Dit was waarskynlik dieselfde mans wat gister teruggekeer en die taak voltooi het.

Spoedkameras wat lewens kon red, geteiken

Die kameras het tot op hede nagenoeg 17 000 spoedvrate aan die pen laat ry. Nog geen arrestasies is gemaak nie.

Die provinsiale departement van veiligheid en sekuriteit se LUR, Pat Ngomane het motoriste versoek om na vore te kom met enige inligting wat kan help om die skuldiges vas te trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button