
Dis ‘n Sondagmiddag. ‘n Dieperige dinkerigheid kry die oorhand.
Hierdie week heers dankbaarheid. Ons dorp is ‘n semi-finalis in Kwêla se Dorp van die jaar kompetisie.
My hart klop Mbombela om hierdie redes:
- Dis ‘n dorp vol doeners. Die aankondiging was skaars gemaak, toe spring almal aan die werk. Meer as 100 mense het by ons Facebook blad, Mbombela for/vir Dorp van die jaar aangesluit. “Hoe kan ek help?” wou tientalle weet. Plaaslike besighede stuur foto’s in van hul mense wat ‘Mbombela’ na 33157 sms – ‘n voorvereiste vir die dorp om in die finaal te beland. Groot baniere het iewers vandaan verskyn wat almal aanhits om dit te doen. En niemand het iemand beveel nie, inisiatief is vanself geneem. My hart bars van trots.
Dis hier waar die sonsopkoms en -ondergang ‘n dag ongelooflik begin en afsluit. Dis hier waar die mense soveel omgee dat ek dit soms as nuuskierigheid afmaak. Mbombela se base gee buitengewoon baie om vir hul werknemers. Besighede ondersteun mekaar tot voordeel van die gemeenskap. Waar een val, help ons hom op. Waar een aan ‘n las dra, dra hy nie alleen nie. Ons lag saam, huil saam en bid saam.
Jy waai uit jou kar uit vir my, selfs al ken jy my nie. Kinders groet vriendelik en het plattelandse goeie maniere.
- Ons mense het harte van goud. Die Facebook groep “Nelspruiters” se gebruikers neem gereeld standpunt in ten gunste van wat reg is. Diereregte het onlangs hier voorrang geniet. Lees hier meer oor groeplede se standpunt oor blyplek vir diere.
- Humorsin. Inwoners ken van lekker lag en is nie bang om vir hulle eie glipsies te lag nie.
- Lees: You know you’re a Nelspruiter when…
- INNIBOS!
- Lees: Good hearts displayed during Innibos 2016
Dankie dat jy hierdie plek so ongelooflik maak.