School sportSport

Lanies tel onder provinsie se top-fietsryers

Laerskool Malelane kan spog met 'n handvol van Mpumalanga se beste fietsryers nadat die uitslae van hierdie jaar se Mpumalanga Fietsrykampioenskappe bekendgemaak is.

Die laaste van die vier wedrenne in die Mpumalanga Fietsrykampioenskappe-reeks is Saterdag by Mankele naby Mbombela aangebied en ‘n hele paar Lanies het skitterende prestasies behaal.

Abigail Lourens het ‘n tweede plek in die provinsie in die nipper dogtersafdeling behaal vir die jaar.

In nipper seuns het Armandt Hatting ‘n sesde en Henk Bezuidenhout ‘n sewende plek behaal in die reeks se eindstryd.

Waldo Potgieter was in die eindstryd eerste onder die sprog-seuns met ‘n tyd van 37:51 en Bartel Herbst vierde met ‘n tyd van 40:47. Potgieter is in die tweede plek in die afdeling vir die jaar en Jooste Coetzee is vir die tweede agtereenvolgende jaar eerste in die afdeling.

Coetzee het egter in die eindstryd toestemming gekry om aan die sub-junior afdeling vir seuns deel te neem, ter voorbereiding vir die SA’s. Die baan was 4km lank en hy moes drie rondtes voltooi. Hy het algeheel tweede gekom in ‘n tyd van 34:25, slegs drie sekondes na die wenner. Sy ouers het egter gevra dat hy nie op die podium verskyn nie, maar net erkenning en blootstelling kry.

Franco Kritzinger was vierde in die sub-junior afdeling in die einstryd, met ‘n tyd van 43:29, maar het opgeskuif derde plek toe omdat Coetzee nie op die podium verskyn het nie. Hy het ‘n tweede plek in die afdeling vir die jaar behaal.

Die Spur Schools Mountain Bike Challenge begin eersdaags en baie van die Lanie-fietsryers is tans besig om hiervoor te oefen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button