Local newsNews

Ossewaens en perdekommando ry deur Lydenburg in Rusoord-kermis se optog

Dié jaarlikse optog wy oudergewoonte Rusoord Tehuis vir Bejaardes se kermis in.

Outydse waens, waarvan sommiges meer as 130 jaar oud is, is waarvoor Lydenburg bekend is.

Vandag se optog van ossewaens en die perdekommando vind altyd die Vrydag voor die Rusoord-kermis plaas, en is al vir meer as 20 jaar ‘n tradisie op die dorp.
Van die bejaardes se kleinkinders en Rusoord se werkers het ook die geleentheid bygewoon en heerlik saamgery.

Die Working on Fire-span se brandbestryders en Phoenix Sekuriteit se berede polisie se pikswart perd was ook teenwoordig.

Die Rusoord Tehuis vir Bejaardes se jaarlikse kermis vind op Saterdag 25 Junie vanaf 08:00 by Kantoorstraat 64 plaas. Almal is welkom om die oggend saam met Rusoord se vriendelike inwoners en hul gesinne te spandeer.

Kyk gerus na die foto’s van hierdie gesellige wintersoggend in Lydenburg:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button