GalleriesLocal sportSportSports galleries

Karatekas ryg medaljes in

Lydenburg karatekas skop talle medaljes los in vriendskaplike toernooi

4Karatekas van die Triton Dojoklub in Lydenburg het die afgelope naweek ‘n uiters suksesvolle toernooi aangebied. Lede het van so ver as Rustenburg af gekom en van die 104 deelnemers het Lydenburg se studente, onder leiding van sensei Lobke Riley, ‘n totaal van 33 goue medaljes, 20 silwer en 10 brons ingepalm. “Die toernooi was ‘n reusesukses en ek glo dat almal die byeenkoms geniet het,” vertel sensei Ryna van Dyk. Twee gekwalifiseerde paramedici was die hele dag beskikbaar, maar gelukkig is geen ernstige beserings aangemeld nie, volgens Van Dyk. Die hoof van TSKKIA All Styles Federation, shihan Albert Venter, wat ook ‘n sesde Dan is, het die toernooi met ‘n swaard-kata geopen en studente in verwondering gehad. Die Triton Dojoklub bedank BFS (Barko Financial Services), Bilnor en al die ouers wat so hard gewerk het en gehelp het om van die byeenkoms ‘n groot sukses te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button