GalleriesLocal newsNewsSchool sportSchools galleriesSportSports galleries

LHS-fietsryers domineer kampioenskappe

Hoërskool Lydenburg het hul fietsryseisoen op ‘n besonderse hoë noot afgesluit toe 14 fietsryers die afgelope naweek aan die Nasionale Spur School MTB kampioenskappe deelgeneem het in Magaliesberg.

LYDENBURG – Hoërskool Lydenburg het hul fietsryseisoen op ‘n besonderse hoë noot afgesluit toe 14 fietsryers die afgelope naweek aan die Nasionale Spur School MTB kampioenskappe deelgeneem het in Magaliesberg.

Die afgelope paar jaar het gewildheid onder fietsryers, nie net in die omgewing nie, maar ook veral in die hoërskool teen ‘n geweldige tempo begin toeneem. Volgens me Lucille Botha, een van die betrokkenes by die span, is Lydenburg nie net een van die spanne wat die meeste fietsryers per skool inskryf in kompetisies nie, maar ook een van die skole wat die beste presteer in die Mpumalanga provinsie.

Die skool het daarin geslaag om onder andere vir vier agtereenvolgende jare die provinsiale kroon te dra, maar moes ongelukkig dié jaar in Uplands se hakskene vaskyk. Dit het hul egter nie gestuit nie en die fietsryers het behoorlik uitgehaal en gewys tydens die naweek se kampioenskappe. Van die fietsryers het besonderse prestasies opgelewer en Keegan Clark het ‘n eerste posisie los getrap in die Sub-Junior afdeling met ‘n tyd van 37 minute en 20 sekondes. Met dié tyd het hy 26 punte aangeteken vir Hoërskool Lydenburg. Al nege provinsies het tydens die kampioenskappe kragte gemeet en uit ‘n totaal van 300 fietsryers, wat ook ryers van Zimbabwe en Namibië, ingesluit het, het Clark behoorlik skoonskip gemaak. Clark het regdeur die seisoen aan verskeie kompetisies deelgeneem en is besig om behoorlik stempel af te druk in die bergfiets afdeling.

Mignon Black en Blessing Mohima het in die voetspore van Clark gevolg en al drie het as Mpumalange wenners in die skole reeks geeindig wat hul outomaties ‘n plek verseker het in die Nasionale kampioenskap. Dit was egter nie net op die baan waar Lydenburg se fietsryspan uitgeblink het nie, maar vir ‘n agtereenvolgende jaar het dié span die beste gees titel ingepalm. Volgens Botha is daar nog groot drome wat wink vir Lydenburg. “Die kinders het fantasties gedoen en dit was werklik “tough”, maar hul het gewys dat hulle kan. Hier is verseker baie potensiaal in ons omgewing.”

Volgens Botha lê daar nog ‘n vol program voor vir die jaar en streef hul daarna om van vroeg af reeds op die ontwikkeling van die juniors te fokus ter voorbereiding vir volgende jaar. “Ons droom daarvan om elke jaar te bly groei en meer en meer fietsryers in die span te kry. Ons wil graag groot gaan met dié ding, want hier is eindelose potensiaal in ons omgewing.” Die span bedank graag Longtom Cycle & Sport, Sibambene Mining Supplies, Longtom Spar, Longtom Nissan, Slpm Engineering, Yillies en Batsumi Consulting Engineering wat dit vir die span moontlik gemaak het om hul fietrsy drome te verwesenlik. “Met ondersteuning soos dié lyk die toekoms vir heirdie fietsryers belowend.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button