Lede van gholfklub word vir prestasies vereer
Lydenburg Gholfklub het onlangs hul topspelers vir hul uitsonderlike prestasies gedurende die jaar vereer
Lydenburg Gholfklub het onlangs hul topspelers vir hul uitsonderlike prestasies gedurende die jaar vereer. Dit was die eerste prestige-toekennings in baie jare, verduidelik Frans Labuschagne, die klubkamptein, wat daarna streef om met ‘n geleentheid soos hierdie samehorigheid en karakter te versterk. “Dit is tyd dat die spelers weer hul plek inneem en dat ons dit ‘n gereelde instelling maak en hierdie tradisie voortsit.”
Terwyl Labuschagne die toekennings en trofees wat selfs uit die 30’er jare dateer, toeken, besef mens opnuut dat gholf sterk in Lydenburgers se are vloei. “Vir 104 jaar het mense van hierdie klub planne gemaak en met hierdie prestige-spelers wat vanaand voor ons sit, kan ek nie sien dat ons dit ook nie hierdie keer sal regkry nie,” sê Labuschagne.
“Hierdie is ‘n sport waarin ons genot vind en nie ver hoef te reis om dit te geniet nie. Dit is na aan ons huise en ‘n voorreg om te kan speel.”
Die klub graag die volgende borge vir al hul bydraes: AGWJ Trading & Services, Conway, Gert en Andries Elektries, Longtom SUPERSPAR, Lybasol Motors, North Safety, Okus, PG Glas Lydenburg, S & N Vleishandel, Steers Lydenburg, Tile Direct, Toyota Lydenburg, Versekerings Forum, Volkswagen Highlands, Fraser Alezander en Westvaal Mashishing.





