GalleriesLocal newsLocal sportNewsSportSports galleries

Hengelklub maak gereed vir 2014

Heymans en die res van die bestuur vertel soos een man dat hul graag hul fokus op junior hengelaars sal wil vestig, maar terselfdetyd die geleentheid aan ieder en elk wil bied om hengel te geniet maar ook om kompeterend deel te neem. “Dit is belangrik dat mense besef dat hengel ‘n gesinssport is en dat jy nie noodwendig self hoef te hegel nie”

LYDENBURG – Die Longtom Hengelklub het die jaar op ‘n hoë noot afgeskop en spog nou ook met ‘n splinternuwe bestuurspan agter stuur van sake. Toe die voorsitter, mnr Chris Heymans, beter bekend as kolonel Heymans, saam met sy vrou, Lea, vroeg in Januarie na Potgietersrus vir die Karpproewe vertrek het, het groot drome in beide se harte begin flikker vir dié hengelklub.

“Dit is hoog tyd dat Longtom Hengelklub weer ‘n klub word waarop ons trots kan wees en waarmee ons kan spog – ‘n prestige klub”, noem Heymans terwyl hy die doelwitte vir 2014 voorhou. “Ons streef daarna om hierdie jaar te verseker dat Kwenadam kontroleer sal word met toegangsbeheer om sodoende te help om nie net bewaring te bevorder nie, maar ook hengel in al sy fasette en om die dam en toerusting in ‘n netjiese en skoon toestand te hou.”

Heymans en die res van die bestuur vertel soos een man dat hul graag hul fokus op junior hengelaars sal wil vestig, maar terselfdetyd die geleentheid aan ieder en elk wil bied om hengel te geniet maar ook om kompeterend deel te neem. “Dit is belangrik dat mense besef dat hengel ‘n gesinssport is en dat jy nie noodwendig self hoef te hegel nie”, se Heymans wat self ‘n beampte is en onlangs aan die Wereldbeker deelgeneem het waar Suid-Afrika vir die vyfde agtereenvolgende jaar as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Afgesien van baie hoë temperature kon die Suid-Afrikaanse span daarin slaag om met twee punte die voortou te neem. “Dit was verskriklik warm, maar beslis die moeite werd,” voeg hy by en noem dat dit veral die prysuitdeling is ‘n “absolute hoogtepunt” was.

Heymans, wat langs die viswaters grootgeword het en al vir meer as 15 jaar by varswaterhengel betrokke is, verduidelik dat mense soms karp- en spesiehengel met mekaar verwar, maar dat eersgenoemde ‘n kompetisie is waar twee penmaats ‘n pen trek en vir 72 uur aaneen hengel.

“Slegs karpe word gehengel en indien ‘n karp onder 1,5kg weeg, word dit nie aangeteken nie en geen ander vis word oorweeg vir die kompetisie nie. Vir karphengel word daar vanaf die kant af gevoer en gehengel, terwyl daar in spesiehengel vanaf ‘n boot gevoer mag word en ook daarmee uitgehaal mag word. Kompetisies vir laasgenoemde duur ‘n week.

Die Noord-Oos Mpumalanga Unie het huidiglik ‘n span wat uit ses hengelaars bestaan sowel as ‘n kaptein en afrigter, vertel Heymans. “Hengel leer mens of ‘n liefde vir die natuur te kweek en om dit te deel met die mense na aan jou en daarom nooi ons almal uit om 1 en 2 Maart aan die Kwena-ope te kom deelneem.” Indien enige persoon belangstel om by die klub betrokke te raak, kan Chris by 082-469-1631 vir verdere inligting gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button