Fees geniet groot aftrek
Hy meen dat die klub volgende jaar beoog om weer die fees aan te bied met meer buitemuurse uitstallings en dat hulle wil he dat alle sportsoorte in die dorp ook deel moet wees van die fees.

LYDENBURG – Die Longtom Hengelklub het Saterdag ‘n lekker gesinsfees aangebied.
Oud en jonk het die dag saam gemakietie en verskeie aktiwiteite het groot aftrek geniet. Tradisionele volkspele het ook ‘n draai gemaak en gewys dat Afrikaners nogsteeds plesierig is. Vir die jongspan was daar hope vermaak insluitend springkastele en gesigverf. Ma en pa kon lekker tussen die verskillende stalletjies drentel en verskeie motorhandelaars het hulle nuwe modelle aan die publiek bekendgestel.
Volgens die voorsitter van Longtom Hengelklub, Chris Heymans, was die fees ‘n reuse sukses om die besigheidsgemeenskap van Lydenburg saam te trek in ‘n feestelike atmosfeer. “Ons wil graag al die besighede bedank vir hulle deelname asook die verkeer van Thaba Chweu Munisipaliteit wat gehelp het met die optog deur die strate van Lydenburg. Ook ‘n hartlike dank aan elke besigheid vir die pryse en bydraes. Ek wens die hengelklub geluk met die afgelope naweek se bedrywighede. Met ‘n span soos julle kan die klub net vooruit gaan.”
Hy meen dat die klub volgende jaar beoog om weer die fees aan te bied met meer buitemuurse uitstallings en dat hulle wil hê dat alle sportsoorte in die dorp ook deel moet wees van die fees.
Lees meer in Vrydag se uitgawe.
