Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyle

Doppermark weer ‘n groot sukses

Terwyl kinders na hartelus baljaar het, kon feesgangers elke besondere stalletjie besoek.

LYDENBURG – Die Gereformeerde Kerk het dié Saterdag weer die immergewilde Doppermark gehou.

Die vrolikheid is by die NG Moedergemeente gehou, waar die fees tradisioneel aangebied word. Daar was meer as genoeg te ete en te drink te koop aangebied en daar was heerlik gekuier.

Daar was ook hope vermaak vir die jongspan insluitend springkastele, verfbal-skiet en tradisionele en nuwe speletjies was met oorgawe gespeel.

Terwyl kinders na hartelus baljaar het, kon feesgangers elke besondere stalletjie besoek.

Oud en jonk het hulle gate uit geniet. Die fees was soos al die voriges ‘n reuse sukses.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button