Community galleriesGalleriesLocal newsNews
Ken jy dié ou gebou?
Mens kan dié baken selfs vanuit die lug sien wanneer mens daal om op Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe te land.
Die kerktoring van die NG Suidgemeente is al vir ‘n halwe eeu deel van die stad se gesig. Mens kan dié baken selfs vanuit die lug sien wanneer mens daal om op Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe te land. Die gebou is op 16 Maart 1968 vir die eerste keer vir dienste gebruik. Die gemeente het in 1964 van die NG Moedergemeente afgestig en bouwerk aan die nuwe gebou het dadelik begin. Die gemeente het verlede jaar hul 50ste bestaansjaar gevier. Vandag staan die toring amper twee keer so hoog as in die sestigerjare en die kerk is reeds twee keer opgeknap en vergroot. Daar word tans nóg uitbreidings by die kerk aangebring.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
