Community galleriesGalleriesLocal newsNews
Ken jy dié ou gebou?
Die eerste Rooms-Katolieke Kerk op die dorp is in 1935 ingewy. Destyds was dit nog in die buitewyke van Nelspruit.
Die eerste Rooms-Katolieke Kerk op die dorp is in 1935 ingewy. Destyds was dit nog in die buitewyke van Nelspruit.
Volgens kenners is die hele gebou uit ‘n katalogus bestel en aanmekaargesit. Die bouers moes net verseker dat die mure op die regte plek staan.
Die kerk het intussen ‘n kroeg geword nadat die Roomse kerk na die perseel oorkant die pad geskuif het – waar dit vandag nog is. Vandag staan die gebou in die hartjie van die stad, langs ‘n mediese instansie en ‘n klipgooi weg van groot inkopiesentrums sowel as die munisipaliteit. Dit is egter nie meer ‘n kroeg nie, maar die Mbombela Skuldinvorderaars-kantore.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
