Community galleriesEditor's choiceGalleriesLocal newsNews
Plaaslike inwoners geniet Innibos
Inwoners van Burgersfort, Steelpoort en Lydenburg het verlede week die jaarlikse Innibos in Mbombela bygewoon
LYDENBURG – Inwoners van Burgersfort, Steelpoort en Lydenburg het verlede week die jaarlikse Innibos in Mbombela bygewoon. Soos dit die fees betaam, was daar volop vermaak vir oud en jonk, talle kunstenaars het opgetree en heerlike kos en ‘n menigte stalletjies was beskikbaar.
“Dit was die eerste keer wat ek Innibos bygewoon het. Ek het veral Saterdagaand se optrede van onder meer Theuns Jordaan en Juanita du Plessis geniet. Die fees was baie lekker, maar al die stap vanaf die parkering na die terrein was uitputtend,” vertel Melissa Jacobs, ‘n inwoner van Burgersfort.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
