Community galleriesGalleries

varkoor fees 2016

ROOSSENEKAL – Die jaarlikse Geelvarkoorfees was weer propvol aktiwiteite vir jonk en oud, en daar was van alles en wat by die stalletjies te koop. Die fees het afgeskop met die bergfietswedren wat 50km, 30km, 10km en ‘n 5km-pretrit vir die jongspan ingesluit het. Dit was ‘n uitdagende roete. Van die fietsryers het teruggekom vol …

ROOSSENEKAL – Die jaarlikse Geelvarkoorfees was weer propvol aktiwiteite vir jonk en oud, en daar was van alles en wat by die stalletjies te koop. Die fees het afgeskop met die bergfietswedren wat 50km, 30km, 10km en ‘n 5km-pretrit vir die jongspan ingesluit het. Dit was ‘n uitdagende roete. Van die fietsryers het teruggekom vol skraapmerke en hul fietse was aangepak van die modder.

Die varkore was iets besonders en het baie se asems weggeslaan. Net omdat dit die Geelvarkoorfees genoem word beteken nie dat daar net geel varkore was nie. Daar was ook pienk en pers, wit en swart en selfs gemengde kleure oral waar mens kyk. Verskeie kunstenaars het gedurende die dag opgetree en besoekers in die biertent vermaak. Die modeparade was ook ‘n groot trekpleister en meisies het in hul onderskeie kategorieë om die Mej. Varkoor-titel meegeding. Die joligheid het tot laatmiddag aangehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button