Community galleriesGalleriesLocal sportSport
Rugbyman reik uit na gemeenskap
Die seuns was baie opgewonde en hulle oefen tot 21:00.
Oud-Transvaalrugbyspeler, Eben van der Ham, tans woonagtig in Mdolozi Village net buite Witrivier, het onlangs begin om rugbyontwikkeling onder die seuns in informele nedersettings te doen.
Hy het in 1994 as vleuel in die destydse Transvaal in ‘n wedstryd teen die All Blacks op Ellispark gespeel. Laerskool Witrivier het ‘n sak vol rugbyballe aan Van der Ham geskenk om met die ontwikkeling te gebruik.
Hy noem dat die seuns baie opgewonde is en dat hulle tot 21:00 oefen om die spel aan te leer. Enige persoon wat belangstel om betrokke te raak, kan Frannie van der Riet by Laerskool Witrivier skakel by 013-751-2231.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
