Community galleriesGalleries
Jo Black oorrompel Lydenburg
'n Afrikaanse sanger wat tans groot opspraak verwek, Jo Black, het verlede week op Lydenburg gekuier. Hy het op Vrouedag by Café Crust, die NG Kerk-Suid en tydens Hoërskool Lydenburg se L.O.O.P-week opgetree en sy lewensverhaal met sy gehore gedeel.
Dit is ‘n verhaal van verslawing en ‘n pad wat nie altyd maklik was nie – een wat jou laat luister.
Black se stem is manlik en sy lirieke diep maar hoewel hy al 16 jaar lank sing, het hy nog nooit daaraan gedink om ‘n CD te maak nie.
Hy het in sy begindae in kroeë gesing en daarna op gospel- en lofsangoptredes by kerke gekonsentreer.
Sy motiveringspraatjies by skole het algaande ook meer in die kollig gekom.
Moet net nie die man op sy baard en tatoeëermerke takseer nie. Sy boodskappe aan die jeug bring moed, inspirasie en positiwiteit.
Jo Black is sy verhoognaam, hy is inderwaarheid Jo Engelbrecht gedoop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


