Community galleriesGalleries

Vierjarige skenk haar lang hare aan KANSA

LYDENBURG – Klein Nina de Bruyn (4) het op dié jong ouderdom al ‘n omgeehart. Die dogtertjie het Saterdag tydens die Pink Walk haar haarvlegsel aan KANSA oorhandig “om vir kindertjies wat nie hare het nie te gee”. Volgens haar pa, Tjaart, het hulle een aand ‘n fliek gekyk waarin ‘n kankerlyertjie haar hare weens chemoterapie …

LYDENBURG – Klein Nina de Bruyn (4) het op dié jong ouderdom al ‘n omgeehart.

Die dogtertjie het Saterdag tydens die Pink Walk haar haarvlegsel aan KANSA oorhandig “om vir kindertjies wat nie hare het nie te gee”.

Volgens haar pa, Tjaart, het hulle een aand ‘n fliek gekyk waarin ‘n kankerlyertjie haar hare weens chemoterapie verloor het.

“Nina wou weet hoekom die kind sonder hare is. Ons het haar verduidelik dat ‘n persoon wat kanker het, se hare weens die behandeling uitval. Sy het daarna gesê sy wil haar lang hare afsny en vir dié kindertjies skenk.”

Nina het Saterdag haar vlegsel aan Jacqueline Weideman, streeksbestuurder van KANSA in die Laeveld, by die geselligheid ná die Pink Walk oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button