GalleriesLocal newsNewsSchools galleries
Entrepeneurs word van kleins gekweek
Senior leerders van Waterval CVO het onlangs die geleentheid gekry om 'n paar rand te verdien tydens hulle entrepeneursdag.
Hierdie leerders het buite die boks gedink toe hulle die geleentheid gegun is om dienste of goedere vir geld te ruil. Vir die soettande was daar meer as genoeg lekkernye om aan te smul, maar ook lekker southappies is verkoop.
Ander het van die geleentheid gebruik gemaak om speletjies aan te bied om geld in te samel. Een van die gewildste aktiwiteite was teikenskiet waar leerders met ‘n windbuks of ‘n pyl en boog na onder meer verskeie teikens en selfs nagemaakte diere kon skiet.
Natuurlik leer die leerders ook hoe om met geld te werk, en leer was nog nooit so lekker nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








