Atlete gee hul heel beste
Ten spyte van die snikhete weer verlede Saterdag, was Hoërskool Barberton se Debonairs-vriendskaplike atletiekbyeenkoms 'n reusesukses.

Die 10 deelnemende skole, insluitend BHS, was Nelspruit, Penryn College, Komatipoort Akademie, Lowveld High School, Sybrand van Niekerk, Bergvlam, Gateway Christian School, Rob Ferreira en Curro.
Ongeveer 900 leerders het deelgeneem en met ‘n gemiddeld van 18 atlete per item, was daar voorwaar nie ‘n vervelige oomblik nie.
Drie huishoudelike rekords (beste poging ooit deur BHS-atleet) is verbeter,
sowel as 13 baanrekords (beste poging ooit deur enige skool).
Plaaslike atlete het hul staal gewys toe hulle 32 eerste plekke, 18 tweede en 26 derde plekke verower het.
Vier eerste plekke:
• Anrie van der Merwe: 100m dogters o/16, 13,26sek.; 200m o/16, 27,78; 100m hekkies o/16, 16,56 baanrekord; 400m hekkies o/16, 74,5
• Corlia van der Merwe: 100m dogters o/14, 14,36; 200m o/14,
29,03s; verspring o/14, 4,38m; spiesgooi o/14, 29,36m.
Drie eerste plekke:
• Nhlanhla Magula: 400m seuns o/14, 60 – huishoudelike rekord; 800m
o/14, 2:16,3; 1 500m o/14, 4:48,7.
Twee eerste plekke:
• Justice Mkhonto: 100m seuns o/19, 11,15; 200m o/19, 22,54
• Tsepo Malumane: verspring seuns o/14, 4:96m; 100m hekkies o/14 16,23
• Raymond Smit: gewigstoot seuns o/17, 15:48m – baanrekord; skyfwerp o/17, 41:87m – huishoudelike rekord en baanrekord
• Bongani Nkosi: 800m seuns o/16, 2:10,56; 1 500m o/16,
4:26,7
• Sandile Mlangeni: 100m seuns o/16, 11,1 – huishoudelike rekord en
46-jaar oue baanrekord (opgestel deur Jaco Pienaar in 1969); 200m seuns o/16, 23,2
• Siphesihle Msibi: 1 500m seuns o/19, 4:31,52; 3 000m o/19, 9:45,20.
Een eerste plek:
• Matteus Oberholzer: 400m seuns o/16, 56,30
• Nolwazi Lukhele: gewigstoot seuns o/15, 9,22m
• JC Jordaan: 400m seuns o/17, 67,52
• Menzi Nkosi: 1 500m seuns o/15, 4:55,5
• André Visser: spiesgooi seuns o/17, 51,57m
• Amy Roos: skyfwerp dogters o/15, 21,27m
• Mias Visagie: gewigstoot seuns o/16, 12,57m
• Sunel Smit: skyfwerp dogters o/16, 23,30m.
Trofeë is aan die volgende atlete toegeken:
• Senior baanatleet: Sandile Mlangeni – 838 Absa-punte
• Lang-afstand junior seuns: Nhlanhla Magula – 681 Absa-punte
• Lang-afstand senior seuns: Bongani Nkosi – 763
Absa-punte
• Beste prestasie van die dag (drie items): Anrie van der Merwe –
2 227 Absa-punte.
“Atletiek van hoogstaande gehalte is deur al die deelnemers
gelewer. Met die interhoër slegs drie weke weg, word daar uitgesien na twee opwindende weke van voorbereiding,” het die hoof van BHS, Pieter Ferreira gesê.
Hierdie naweek neem BHS by Frans du Toit op Phalaborwa deel.
