BHS se atlete stap weg met 22 goue medaljes
Hoërskool Barberton het Saterdag aan die Laeveld Prestige-atletiekbyeenkoms deelgeneem met Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier as die gasheer.

Ander skole wat aan die dag deelgeneem het, was Bergvlam, Frans du Toit (Phalaborwa), Kanonkop (Middelburg), Kriel en Merensky (Tzaneen).
Met nie minder nie as 22 goue medaljes, het die atlete van Barberton weer eens gewys dat hulle ‘n skool is om mee rekening te hou.
Die volgende huishoudelike rekords is verbeter:
Nhlanhla Magagula het sy eie rekord in die 400m seuns o/14 na 60, (1 sekonde na 59,06) verbeter.
Raymond Smith verbeter sy eie rekord in gewigstoot seuns o/17 van 16,32m na 16,68m.
Seuns o/16-aflos verpletter die rekord wat sedert 1990 staan, van 46,50sek na 46,14sek.
Die komende naweek vind die interhoër by Bergvlam in Nelspruit plaas en by BHS is groot geesvang aan die orde van die dag.
“Mag elke atleet sy persoonlike beste prestasie behaal.
Mag die talente wat deur God aan julle gegee is, net ‘n seën wees, ongeag of jy wen of verloor. Ons is trots op BHS,” het die hoof, Pieter Ferreira gesê.
