Rob spog vanjaar met vier atlete by SA’s
Vier atlete van Hoërskool Rob Ferreira gaan binnekort aan die nasionale kampioenskappe deelneem.

Danel Bieldt, Intando Gumede, Sakhile Maseko en Kwandu
Nhlabathi gaan van 4 tot 6 April hul provinsie verteenwoordig.
• Danel
Sy is as senior victrix ludorum by vanjaar se interhuis- en Laeveld
prestige-atletiekbyeenkoms aangewys. Sy het vier medaljes by die interhoër verower en is Mpumalanga se beste spiesgooier vir d/17.
Haar prestasies hou nie hier op nie – sy verpletter die spiesgooi-rekord met 40,8m by die Mpumalanga-kampioenskappe in Secunda en is tweede in Mpumalanga vir diskus.
• Intando
Die 17-jarige dogter spog met ‘n afstand van 12,29m in
gewigstoot en het die rekord by ‘n vriendskaplike byeenkoms in Barberton verbeter. Sy het twee medaljes by die interhoër verower en vanjaar is haar eerste SA byeenkoms.
• Sakhile
Dié seun is as die junior victrix ludorum by die interhuis- en Laeveld prestige-atletiekbyeenkoms aangewys. Hy het met met ‘n persoonlike beste van 13,79sek op die 100m-hekkies vir s/15 weggestap en het vyf medaljes by die interhoër ingepalm.
• Kwandu
Hy was verlede jaar ook by die SA kampioenskappe. Hy neem vanjaar aan die 100m en 200m deel. Hy het die 200m in 22,8sek gehardloop en het vier medaljes by die interhoër verower.
