Interhigh newsLocal sportSport

Atlete berei reeds voor vir grote

Die einde van die jaar mag dalk in sig wees, maar die Laeveld se skole is hard besig om vir Interhoër 2015 voor te berei.

‘n Paar kreatief-begaafdes het onlangs koppe bymekaar gesit om met die mees gepaste slagspreuk en logo vir dié atletiekskouspel vorendag te kom: Kaleidoskoop van Laeveldtrots!

Hoërskool Nelspruit is die gasheerskool wat op 21 Februarie duisende toeskouers, leerders en atlete gaan ontvang. Lowveld High School, hoërskole Rob Ferreira, Bergvlam, Barberton, Lydenburg, Nelspruit en Penryn College is die sewe skole wat om glorie gaan meeding.

 Atlete maak hul litte vir atletiekseisoen los

Twee opwarmingsbyeenkomste is reeds gehou waar ‘n hele paar atlete die oë laat rek het. Die Tripple JJJ vind hierdie naweek by Robbies plaas.

Lowveld High School
Lowveld High School’s athletes have been training in their respective disciplines under the watchful eye and expertise of Mr Johan Kruger from August this year in preparation for the athletics season and of course, the prestigious Interhigh 2015 to be hosted by Hoërskool Nelspruit. It is always a challenge not to only focus on those star athletes, but to constantly work on the enthusiastic participants who make the points. We are confident that the Lowveld will be seeing some exceptional results from talented athletes from the school, but our aim is to share in the joy of participation with as many learners as possible. The lesson is not in winning, but in the preparation. So watch out for our athletes in their blue, red and white.
We are currently in the process of choosing our cheerleaders, whereafter the planning for, among others, the spectators and songs will begin. Once this is done, our banners and posters will be designed and prepared.

Hoërskool Rob Ferreira
Die Robbies se voorseisoen het vroeg in Augustus afgeskop met afrigting in alle items. Ons het in September aan twee mini-atletiekbyeenkomste deelgeneem. Tydens die Oktobervakansie het ons 20 top-atlete saam hul onderskeie afrigters, ‘n atletiekkliniek in Middelburg bygewoon. Ons jaarlikse massabyeenkoms saam met Laerskool Witrivier het sommer al op die tweede dag van die vierde kwartaal plaasgevind. Die jaarlikse atletiektoer na Polokwane het van 17 tot 19 Oktober plaasgevind waartydens ons teen 18 skole meegeding het. Ons het ‘n algehele derde plek behaal en 49 medaljewenners opgelewer.
Ons dirigente is tydens ‘n onlangse geesbousessie aangewys, en ons sangers het ‘n paar geleenthede vasgestel ter voorbereiding vir volgende jaar se atletiekseisoen. Ons afrigting geskied regdeur die Desembervakansie, en sluit ‘n wegbreekoefenkamp op Sabie, asook ook ‘n oefenkamp vroeg in Januarie voor die skole weer begin, in.

Hoërskool Nelspruit
NHS is druk besig om te werk aan nuwe liedjies vir volgende jaar en ons tema en liedjies is in plek. Ons het baie opwindende voorbereide liedjies en glo al die skole gaan mal wees daaroor. Ons is opgewonde en kan nie wag vir 2015 om aan te breek nie.
Ons voorbereiding het reeds op Maandag, 4 Augustus begin. Ons het twee voorseisoenbyeenkomste voor die vakansie aangebied en het die afgelope naweek aan die Naboom Top-20 deelgeneem. Ons neem ook dié naweek aan die PUK se
Top-30-byeenkoms deel terwyl die res van die span by die Tripple JJJ-byeenkoms by Rob Ferreira gaan meeding. Atlete en afrigters gaan verskeie afrigtingsklinieke bywoon en daar word ‘n oefenkamp vir alle NHS-atlete van 7 tot 10 Januarie gereël.

Hoërskool Barberton
BHS’s top athletes are working hard in preparation for the interhigh. They are taking part in meetings at Nelspruit, Naboomspruit and Rob Ferreira. Tickets will be available at BHS reception soon. Our cheerleaders will only be announced after the Daisies (grade eights) for next year have been welcomed. That’s when we we will also choose a theme and our songs. It is very important to expose our athletes to quality events such as the interhigh.

Hoërskool Bergvlam
Bergvlam sien baie uit na die 2015 interhoër. Die atlete se voorbereiding het in alle erns begin en daar word weekliks kliphard geoefen. Daar is ook aan voorbereidingsbyeenkomste by NHS deelgeneem. Wat die sang- en geesbeker betref, heers daar groot opwinding hoewel dit in geheimsinnigheid gehul is. Die tema en uitrustings sal eers later beplan word. Kaartjies vir die skouspel sal binnekort by die skool se finansieskantoor te koop wees. Ouers sal deur die inligtingsnetwerk op hoogte gehou word. Die Vlammies sal voorbereid wees om hul beste te lewer en soos hul leuse verklaar: As U wil en ek leef, sal dit ‘n eer wees om deel van die interhoër 2015 te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button