Interhigh newsLocal sportSport

Nellies se atlete mik hoog

Alle oë was op die hoogspringatleet, Werner Schutte gerig.

Mede-atlete het hom aangemoedig en gekyk hoe hy die rekord van 2,05 meter net-net gemis het. Dié hemelbesem het 1,95 meter oor die lat gevlieg.

Hoërskool Nelspruit het Dinsdag hul jaarlikse interhuisbyeenkoms gehad. Schutte was een van vele atlete wat op die dag hand opgesteek het. Ilke Joubert (dogters o/16) het drie eerste plekke in onderskeidelik gewigstoot, diskus- en spiesgooi en ‘n tweede plek in hoogspring verower. Haar gooi met die gewigstootbal van 12,95 meter het aan haar 888 ASA punte besorg.

Op die baan het Mia Erasmus in die 3 000-meter uitgeblink en met ‘n tyd van 12:11:11 klaargemaak en 787 punte in die sak gesteek. Eduan Engelbrecht (seuns o/19) het die 100 meter in ‘n snelle 10,9 sekondes voltooi.

Die volgende atlete is as victrix en victor ludorum aangewys:
• Dogters 14 – Nicola Cronje: ‘n eerste plek in die 800-, 200- en 400-meter. Sy het ‘n vierde plek in die verspring verower
• Dogters 15 – Aniska Crause: eerste plekke in die 300-meter en 90-meter hekkies en verspring. Sy het tweede in die 100-meter geëindig
• Dogters 16 – Nerina Visser: ‘n eerste plek in die 100- en 400-meter hekkies, 100-, 200- en 400-meter
• Dogters 17 – Carmen Cronje: ‘n eerste plek in die 400-meter hekkies, 100-, 200- en 400-meter
• Dogters 19 – Carlu Meyer: ‘n eerste plek in die 200-, 400- en 800-meter
• Seuns 14 – Jaytee Boers: ‘n eerste plek in die 200-, 400- en 800-meter
• Seuns 15 (word gedeel) – Stefan Smit: ‘n eerste plek in die 100-meter hekkies en skyfwerp, ‘n tweede plek in gewigstoot en spiesgooi. Joshua Maass: ‘n eerste plek in spiesgooi en hoogspring, en ‘n tweede in verspring en 200-meter
• Seuns 16 – Basson de Villiers: ‘n eerste plek in die 100-, 200-, 400- en 800-meter
• Seuns 17 (word gedeel) – Francois Esselin: ‘n eerste plek in gewigstoot, skyfwerp en verspring. Leon Piennaar: ‘n eerste plek in die 400-meter hekkies, 200-, en 400-meter
• Seuns 19 – Michale Soderland: ‘n eerste plek in verspring, driesprong en spiesgooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button