BHS se eerstes kolf hul pad oop na glorie
Hoërskool Barberton (BHS) se eerste krieketspan, Total Signs, wat Saterdag teen Malekutu te staan gekom het, het spelers van dié skool lelik in die stof laat byt, toe hulle met 208 lopies gewen het. BHS het die loot gewen en eerste gekolf, waarna hul 284 vir die verlies van nege paaltjies aangeteken het. Na …

Hoërskool Barberton (BHS) se eerste krieketspan, Total Signs, wat Saterdag teen Malekutu te staan gekom het, het spelers van dié skool lelik in die stof laat byt, toe hulle met 208 lopies gewen het.
BHS het die loot gewen en eerste gekolf, waarna hul 284 vir die verlies van nege paaltjies aangeteken het.
Na ete het Malekutu gekolf en 76 lopies aangeteken. Stian Ebersohn is as die beste kolwer aangewys met 107 nie uit nie. Die beste boulers was Dillan Botha met vier paaltjies vir 23 lopies in 10 beurte en Johan Swanepoel met drie paaltjies vir 19 lopies in vyf beurte.
Nog goeie krieketnuus is dat die o/15-span van BHS ook op Saterdag as oorwinnaars uit die stryd getree het toe hulle Lowveld High School met 105 lopies in 25 boulbeurte uitgehaal het. Beste boulers was Charl Stapel met vier paaltjies vir 15 lopies in 5,3 boulbeurte en Vincent Chambers met drie paaltjies vir nege in drie beurte. Tydens BHS se kolfbeurt het hulle die wenlopies in net 15 boulbeurte ingepalm en klop Lowveld High met vyf paaltjies geklop. Beste kolwers was Charl Stapel met 35 en Johan van Wyk met 14 lopies.