Editor's choiceLocal newsNewsNews

Maak jou litte los!

Vanjaar sal die finansiële opbrengs aan mense met gestremdhede geskenk word.

Loslit-dag is weer om die draai en afgesien daarvan dat dit vir ‘n goeie doel is, gee dit almal die geleentheid om ‘n bietjie op 6 September uit hul kassies te klim. Hierdie jaar se tema is “Doen dit groot” en of jy besluit om ‘n groot hoed, snor, baadjie of broek te dra – hou dit net groot en maak jou litte los!

Jy kan jou plakker teen R10 by Edgars, Jet, Boardmans, CNA, Red Square, JetMart, Legit, Absa, Game, Dion Wired, Shoprite Checkers of enige plaaslike deelnemende organisasies koop.

Vanjaar sal die finansiële opbrengs aan mense met gestremdhede geskenk word en Mej. SA, Marilyn Ramos, het ingespring om met die bewusmakingsveldtog te help. Sy is intensief by verskeie organisasies wat veral kinders met gestremdhede insluit, betrokke.
“Deur haar vir Loslit-dag te beywer, begeester Marilyn die hele land om deel te neem. Sy het ‘n groot hart,” het projekleier, Celeste Vinassa gesê.

Die geld wat ingesamel word, gaan aan die volgende organisasies:
• Die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdheid in Suid-Afrika
• Die Federasie vir Geestesgesondheid
• Disabled People SA
• SA Federasie vir Dowes
• Epilepsie SA
• Die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes
• Outisme Suid Afrika
• Downsindroom Suid-Afrika
• Die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid
• Die Suid-Afrikaanse Dowe Vereniging
• Die Nasionale Instituut vir Dowes
• QuadPara Vereniging van Suid-Afrika
• Alzheimer’s Suid-Afrika
• South African Disability Alliance.

Navrae: Loslitdag-kantoor by
011-609-7006 of besoek die webtuiste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button