
NELSPRUIT – Om die lente op ‘n goeie noot te begin hou die Laeveld Broodboomvereeniging, hou die Orgidieë-klub en die Clivia-klub op Vrydag 30 Augustus tot Sondag 1 September ‘n reuse-uitstalling en verkoping van plante by Halls Gateway in Nelspruit. Daar sal ook Saterdag om 11:00 n veiling van sowat 130 plante met geen reserweprys plaasvind.
Die verkoping vind jaarliks plaas en dit blyk dat dit een van die “moet bywoon”-geleenthede in die Laeveld word.
Die Laeveldstreektak is gestig in 1977 en het tans 90 lede. Hulle hou gereelde uitstappies om broodbome in die natuur te besigtig en ook broodboomtuine te besoek. Kwartaalikse vergaderings en praatjies met nasionale sprekers word gehou om inligting uit te ruil oor die groei, bestuiwing en hantering van broodbome.
Die hoofdoel van die vereniging is om Suid-Afrikaanse broodbome te beskerm en die kweek daarvan te bevorder en sodoende wettige plante aan broodboomliefhebbers te verskaf. Daar word nou met die regering en parkeraad saamgewerk.
