Local newsNewsNews

Maggiesdal-inwoners bly aan in ‘onbewoonbare’ huis

Die inwoners se huis is glo "onbewoonbaar", maar hulle kan tot 9 November daar aanbly.

NELSPRUIT – Die inwoners op Maggiesdal wat vroeër die maand uit hul huis gesit is, bly steeds aan ten spyte daarvan dat die huis as “onbewoonbaar” bestempel is.

Die Mbombela-munisipaliteit het dit verlede week bevestig. Hulle het mnr. Pieter Kruger, die huurder en sy gesin egter tot 9 November gegee om uit te trek voor die huis glo gesloop gaan word.

Mnr.Joseph Ngala, woordvoerder van die munisipaliteit het gesê dat die huis vernietig gaan word omdat dit gevaarlik is. “Daar is baie ernstige strukturele foute aan die mure en die vloer, en is daarom nie geskik vir mense om in te woon nie,” het hy gesê. “Die bestuur is ongelukkig met dié probleme. Die pakkamer wat vas aan die huis is, is besig om te sink

en druk daarop te plaas.”

Kruger se skoonma, me. Jossie Maree, het die week bevestig dat regsadvies van LegalAid haar daarop gewys het dat as die huis “onbewoonbaar” is soos die munisipaliteit aanvoer, dit

onveilig is.

Volgens Maree, was daar nie 'n assessor of ingenieur wat die huis kom inspekteer het nie. “Volgens die regsgeleerde moes die huis binne 48 uur ontruim en afgesper word, indien dit so gevaarlik was,” het sy verduidelik.

Daar is in Junie besluit om 'n opname van al die munisipale huise by Maggiesdal te doen om hul toestand te bepaal en om nuwe huurooreenkomste op te stel. Die bevindinge sal gebruik word om verdere besluite te neem. Teen druktyd is daar na wat verneem word, nog nie ander uitsettingskennisgewings oorhandig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button