NewsSchool sportSchoolsSport

Tweekamp 2014 skop af met ‘n tydtoets op 19 September 2013, te Nelspruit

Tweekamp is ‘n erkende skoolsport van Komati Akademie, ‘n plaaslike skool waarvan heelwat leerders die afgelope agt jaar Mpumalanga-kleure ontvang het het.

Tweekamp is ‘n erkende skoolsport van Komati Akademie, ‘n plaaslike skool waarvan heelwat leerders die afgelope agt jaar Mpumalanga-kleure ontvang het het.

Volgens Jan Engelbrecht is daar baie navrae ontvang oor wat die kwalifiserende vereistes is om tweekamp op provinsiale vlak te kan verteenwoordig.

Magda Stronkhorst, voorsitter van die bestuur, verduidelik dat die standaard aanhou verhoog. “Verlede jaar het ouers baie ver gery om te verseker dat hulle kinders die nodige kwalifikasies bekom. Vanjaar is dit dieselfde en meer toetredende deelnemers beteken nóg strenger en

onbuigsame maatreëls.

“Atlete moet aan minstens twee erkende interprovinsiale kompetisies deelneem en die item binne ‘n seker tydstip voltooi. Indien hulle versuim om dit te doen, kan hulle nie nasionaal meeding nie.

Provinsiale kleure word slegs verdien as die atlete wat deurgedring het, aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelneem.”

“Die afgelope jaar moes Komati Akademie-leerder Melisca van Heerden in Johannesburg gaan

deelneem. Na harde oefening en voorbereiding het sy daarin geslaag om te kwalifiseer.

Op Donderdag 19 September sal ‘n tydtoets in Nelspruit gehou word om te bepaal watter atlete vir deelname aan die interprovinsiale kompetisies in onder andere Nelspruit, Pretoria en Johanesburg kwalifiseer.

Navrae: Magda by 082-575-2780 of Jan by 082-784-5682.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button