Local newsNewsNews

Familie voel hul Johan kon nog lewe as nood dienste beter diens gelewer het

BURGERSFORT – Johan Albertyn wat vir die afgelope 32 jaar vir Eskom in die omgewing gewerk het, is Saterdag oorlede toe hy deur ‘n swerm bye aangeval is. Volgens Cindy Da Silva, Albertyn se dogter, het die mans besluit om takies by die huis te verrig toe die bye hulle getakel het. Die vroue was …

BURGERSFORT – Johan Albertyn wat vir die afgelope 32 jaar vir Eskom in die omgewing gewerk het, is Saterdag oorlede toe hy deur ‘n swerm bye aangeval is.

Volgens Cindy Da Silva, Albertyn se dogter, het die mans besluit om takies by die huis te verrig toe die bye hulle getakel het. Die vroue was besig by Da Silva se woning

“My pa het na ‘n nabye dammetjie gehardloop en binne-in gespring om sodoende ontslae te raak van die bye. Dit het nie veel gehelp nie en hy het huis toe gehardloop,” vertel Da Silva. Sy vertel dat haar pa allergies vir bye was.

“Toe ek in die badkamer kom, was hy klaar bewusteloos en s doende kon ons nie vir hom die nodige medikasie ingee nie. Ek het dadelik ER24 geskakel en hulp gevra.

Da Silva meen dat sy gesukkel het om die regte adres vir die operateur te gee en dat die oproep baie tyd in beslag geneem het.

Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24 het vinnig op die klagtes gereageer. “Ons bevestig dat die operateur die korrekte protokol gevolg het om die nodige inligting te kry om ‘n ambulans te ontbied. Dit sluit ‘n kontaknommer op die toneel, fisiese adres alsook die aard van die voorval in. Da Silva het oor die foon gesê dat sy in Apiesdoring is maar kon nie ‘n fisiese adres verskaf nie,”

Volgens haar het hulle toe “self vir Albertyn in die kar gelaai en na die kliniek gehaas waar verpleegters hul ontmoet het omdat sy nie kon regkom met ER 24 nie”.

“Die personeel by die hospitaal kon nie help nie en het gestaan en kyk hoe ek my pa CPR gee omdat hy ophou asemhaal het. Hul het gesê dat daar nie suurstof is nie. Volgens my moet alle mediese sentrums suurstof hê,” meen Da Silva.

Volgens haar, toe sy later weer hospitaal toe is, het haar man haar ingelig dat dit te laat was en dat haar pa dit nie gemaak het nie”.

Sy sê haar familie waardeer al die hulp en boodskappe.

“Elmarie en Jan by Martins-begrafnisonderneming in Lydenburg het ons baie gehelp. Ons wil ook graag vir die Hervormde Kerk en Swanee Signs dankie sê vir al hul hulp. Emanuel, baie dankie.”

Albertyn se begrafnis sal vandag om 12:00 vanuit die Hervormde Kerk in Lydenburg plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button