Lanies kook op die Krieketveld
Dinsdagmiddag het Laerskool Malelane vir Komatipoort Akademie 'n ding of twee op die krieketveld gewys. Malelane het.
Dinsdagmiddag het Laerskool Malelane vir Komatipoort Akademie ‘n ding of twee op die krieketveld gewys. Malelane het
57 vir 1 aangeteken. Komatipoort het hul beste probeer om lopies aan te teken, maar het kort gekom met 55 almal uit.
Die afrigter van die besoekers het opgemerk dat die Lanies-span “gekook het” en hy gesê hoop hulle doen goed in die volgende toernooi.
Die o/11’s is Ehlanzeni-distrikwenners en daar lê nog baie werk vir hulle voor.
Volgens afrigter Iaan Jacob, sal die span en die skool se eerste span na die vakansie weet teen wie en waar hulle in die Mpumalanga-toernooi gaan speel. “Ander skole en distrikte moet nog uitspeel vir kwalifikasie, daarna sal ons weet wie ons opponente gaan wees. Ons sien uit daarna,” het Jacob gesê.
