Suksesvolle jaar vir fietsryers danksy borge
Met hope ondersteuning van ouers en vele fietsryers, het ons ‘n ‘killing” hierdie jaar gemaak. Voor die aanvang van die liga het ons ‘n hele paar MTB-wedrenne bygewoon om ons behoorlik vir die seisoen voor te berei.

Met hope ondersteuning van ouers en vele fietsryers, het ons ‘n ‘killing” hierdie jaar gemaak. Voor die aanvang van die liga het ons ‘n hele paar MTB-wedrenne bygewoon om ons behoorlik vir die seisoen voor te berei.
Anders as ander sportsoorte neem ons die hele jaar aan wedrenne deel. Vir die skoleliga het ons aan vier wedrenne deelgeneem, naamlik Uplands, Curro, Penryn en Mankele en het ons hoofsaaklik op massadeelname gekonsentreer.
Vir elke ouer, en dan in besonder Longtom Cycle, baie dankie dat julle altyd bereid is om vir ons kinders wat nie fietse het nie, te leen. Dit gee alle leerders geleentheid om ook aan hierdie wonderlike sportsoort deel te neem. In 2012 het die drie manskap: Longtom Cycle, Longtom SUPERSPAR en Longtom Nissan saamgespan en vir die skool fietsryhemde geborg. Tydens elke wedren het ons wonderlike komplimente oor hierdie hemde ontvang. Dit was altyd ‘n “see” van geel en jy kon dadelik ‘n Lydenburger raaksien.
Ons eindig tweede in die Liga, met Keegan Clark, Mignon Black en Blessing Moima wat is die Puma span opgeneem word en die heelwat ryers verteenwoordig die skool by die SA’s gedurende hierdie vakansie op Magaliesburg by Hoërskool Bekker. Hulle is Keegan Clark, Bongane Ngwana, Constant Furstenberg, Julius Ackermann, niece Kitching, Jessica Schultz, Rohan du Toit, Henyo Kruger, Mignon Black, Marli Hartser, Benine Botha, Blessing Moima, Kobus Pretorius en Freddy Mokwena.
Hierdie ryers het hard geoefen met die hulp van mnr. Dorfling. Daar is elke middag om 14:35 bergfiets-oefening en as jy ‘n fiets het kan jy gerus kom oefen – dis beste manier om fiks te word!
Ons bedank graag die volgende borg vir die tydens die SA’s: Longtom Cycle, Longtom SUPERSPAR, Longtom Nissan, SLPM-Maatskappye, Sibambene Mining Supplies, Batsumi Consulting Engineering en Karin Black. Spesiale dank aan al ons ondersteunende ouers. In besonder vir Chris en Lucille Botha vir al hulle reëlings en die soek van borge, Sheena Clark vir ondersteuning en Johan du Toit vir vervoer van fietse en rondry van kinders. Ons fietsrykompetisie loop einde se kant toe en die trekking van die pryse vind op 2 Oktober plaas. Met hierdie fondsinsameling wil ons poog om nog drie fietse vir die skool aan te koop. Borge is baie welkom.
Hou padlangs op jou trapfiets!








