Pastoor Emil Reiners vertel van sy besige dae.
OHRIGSTAD – “God het my geroep om mense se gees, siel en liggaam te help, en dit is wat ek doen,” vertel Pastoor Emil Reiners. Onder andere tree hy graag as brandweerhoof, pastoor en slangvanger op. Volgens hom is daar ‘n tekort aan nooddienste in diè klein Afrikaner-gemeenskap. “Die Here het ons hierheen gestuur met …
OHRIGSTAD – “God het my geroep om mense se gees, siel en liggaam te help, en dit is wat ek doen,” vertel Pastoor Emil Reiners. Onder andere tree hy graag as brandweerhoof, pastoor en slangvanger op.
Volgens hom is daar ‘n tekort aan nooddienste in diè klein Afrikaner-gemeenskap. “Die Here het ons hierheen gestuur met ‘n doel. Ek en my vrou, Cathy het sonder ‘n sent hierheen gekom. Ons het ‘n meganiese werkswinkel en ‘n gemeente hier begin.”
Die liefde in Jesus Pinkster-gemeente is nie die enigste diens wat die pastoor en sy vrou aan die gemeenskap lewer nie. Reinkor-brandweer is einde 2011 gestig en het met die hulp van borge en die gemeenskap gegroei, tot waar dit vandag as ‘n besigheid kan voortgaan. Reiners het sy graad-drie medies en gebruik die kennis wat hy in die lugmag se brandweer opgebou het, om te help waar hy kan. Hy is ook as die voorsitter van die FPA (Fire Protection association) in Burgersfort verkies.
“Eendag het ‘n vrou my gebel en gevra ek moet kom help want ‘n pofadder blaas vir haar. Van daar af het die mense my begin bel om slange te vang en so het ek ook vir Neels Bothma ontmoet. Reptiele was nog altyd vir my baie interessant,” vertel hy.
Boonop al hul verpligtinge, doseer Reiners en sy vrou een keer ‘n maand as teologie-lektore in Lydenburg by Ekklesia. Cathy, wat eintlik ‘n onderwyseres was, het ook haar drie-jaar teologie-kursus voltooi. “My vrou is my backup. Sy doen alles saam met my. Dit is wat my werk vir my lekker maak,” vertel Reiners.
