Local newsNewsNews

Dapper stappers pronk in pienk vir kanker

Met pienk hare, hemde, hoede en harte is die bewusmaking sowel as die belangrikheid van ondersoeke ten opsigte van borskanker aangespreek en is oorlewendes is vereer

LYDENBURG – Dapper stappers wat die afgelope naweek aan die CANSA Pink Walk & Talk deelgeneem het, het die dorp spreekwoordelik rooi geverf, alhoewel die verkeerde kleur in hul houertjies beland het.

Marinda Bouwer en Nicolette du Toit.
Marinda Bouwer en Nicolette du Toit.

Met pienk hare, hemde, hoede en harte is die bewusmaking sowel as die belangrikheid van ondersoeke ten opsigte van borskanker aangespreek en is oorlewendes is vereer. Volgens Isobel Janse van Rensburg, voorsitter, is daar ongeveer 95 kanker-oorlewendes in Lydenburg, waarvan 50 borskankerlyers is of was.

MarindaBouwerNicolet_522695176

“Ons is verheug oor die feit dat die kankersterftesyfer daal en die oorlewingsyfer styg”, sê Janse van Rensburg. Volgens haar kan dit hoofsaaklik toegeskryf word aan die enorme klem wat die afgelope tyd op bewusmaking geplaas is. “Die dag het oor die oorlewendes gegaan en ons is dankbaar dat ons hierdie dag aan hulle kon opdra”, voeg vrywilliger Desiree de Swardt by. Sy bedank al die borge wat die dag moontlik gemaak het asook Anele Steenkamp en haar helpers en die verkeersdepartement vir die regulering van verkeer, Louise Bullock van die Sign Shop vir al die drukwerk asook Pieter en Jeanette de Jager. ‘n Spesiale dank word ook aan de Swardt vir die organisering van hierdie suksesvolle dag gerig.

//////////
 

“Dit was ‘n reusesukses en ons sê dankie aan elkeen van die ongeveer 100 persone wat die dag saam gevier het”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button