Survivors Klub kuier by Topollinos
Die klub was gestig deur Maureen Brotherton vir pensionarisse.
Nie eens die ongelooflike hitte kon die Hazyview Survivors klub se uitstappie kortknip nie. Die groep het Saterdag 7 September ‘n draai gaan maak by Topollinos in die Perry’s brige sentrum. Die jong eienaar Johan Fick het die dames verwelkom en het hul van ‘n ete voorsien teen ‘n minimalle prys. Op die spyskaart kon hul self kies van ‘n verskydenheid geregte.
Rea Olivier het gesorg vir ‘n paar lekker bottels wyn wat die groep geniet het saam met hul ete. Die mense het hul self gate uit geniet en het lekker gesels en gekuier.
Die survivor klub is oorspronklik deur ene Maureen Brotherton vir pensionarisse in die dorp gestig. Deesdae bied dit geleentheid vie alle bejaarde inwoners wat al langer as 30 jaar in Hazyview bly.
Navrae: Rea Olivier by 082-825-0641
