Matrieks word vir prestasies vereer
Op 15 Oktober het Hoërskool Lydenburg met sy skitterende sterre, die matrieks van 2013, tydens die jaarlikse prysuitdeling gespog
Op 15 Oktober het Hoërskool Lydenburg met sy skitterende sterre, die matrieks van 2013, tydens die jaarlikse prysuitdeling gespog. Die aand is op die gepaste manier deur ds. Fred Wilson geopen waarna mnr Gerben Janse van Rensburg ‘n besonderse boodskap namens die beheerliggaam gelewer het.
Groot hoeveelhede toekennings is aan die top presteerders in elke vak oorhandig en pryse wat strek van kultuur tot die top-10 was deel van die verrigtinge. Elmarie Vermeulen, Johannie Steenekamp en Franco Language is vir 12 jaar getroue skoolbesoek vereer en Sibosiswe Mbata vir vyf jaar.
Verder is daar vier spesiale toekenings aan die leerders oorhandig. Die dienslewering trofee word die jaar deur Robbert Gray en Jeandré Kriel gedeel en Anja Patterson ontvang die trofee vir dogters. Richard Lemmer ontvang die trofee vir uitnemendheid terwyl Johannie Steenekamp met die toegewydheidstrofee vereer is.
Hoërskool Lydenburg se veelsydigste dogter en seun is onderskeidelik Eugenie Swanepoel en Juan Roos. Die aand eindig op `n hoogtepunt waar die top-10 matrieks aangekondig word en Monique Venter as die Dux leerder 2013 aangewys is. Ons groet hierdie skitterende sterre en wens hulle die beste toe vir die toekoms wat op hul wag.





