Local newsNews

Barmhartige Samaritane laat harte van Wenakker warm klop

Steelburger/Lydenburg Nuus, in samewerking met Laramie Spur en verskeie barmhartige Samaritane van die gemeenskap het die afgelope naweek die harte van ongeveer 200 Wenakker-inwoners tydens hul jaarlikse Kerspartytjie warm laat klop.

LYDENBURG – Steelburger/Lydenburg Nuus, in samewerking met Laramie Spur en verskeie barmhartige Samaritane van die gemeenskap het die afgelope naweek die harte van ongeveer 200 Wenakker-inwoners tydens hul jaarlikse Kerspartytjie warm laat klop.

Met spontane glimlagte en ‘n handeklap wat byna die dak kon laat lig, is Kersvader en sy helper luidkeels toegejuig toe hy sy verskyning gemaak het en geskenke uitgedeel het.

“Vandag is so lekker vir ons en ons geniet dit vreeslik,” kon ‘n mens hoor wanneer jy verby die tafels gestap het.

Volgens Corrie Kleyn, eienaar van Laramie Spur, was dit ‘n puik byeenkoms en selfs Brian Whitehorn, een van die organiseerders, het dit as ‘n reusesukses bestempel.

Die direkteur van Wenakker, Chris Jankowitz, het ook al die organiseerders en helpers vir hul bydrae en harde werk bedank.

“Die inwoners het dit terdeë geniet en dit was ‘n spesiale dag vir almal wat daar was. Die fondse wat oorgebly het, sal deur die jaar gebruik sal word om belangrike items aan te koop,” het Jankowitz gesê.

Die koerant wil ook dank uitspreek teenoor ieder en elkeen wat gehelp het om die dag so groot sukses te maak.

“Dit sou nie moontlik gewees het sonder die harde werk wat die organiseringskomitee, Corrie Kleyn, Neeltjie Brits, Brian Whitehorn en Mariaan Trollip, nie. Dit sou ook nie kon plaasvind sonder die borge en die tyd en werk wat al die helpers voor en op die dag ingesit het nie,” het Christopher de Wet, besturende redakteur van Steelburger/Lydenburg Nuus gesê.

Die koerant wil ook spesiale dank gee aan die borge, insluitend Longtom SPAR, Frazer Alexander Bulk Mech, Frazer Alexander Tailings, Glencore Lydenburg Smelter, Tubatse Chrome, Laeveld Media en al die ander anonieme borge.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button